ADAM  -  Joe F  -  Heidi  -  Deon Groot  -  Juan Boucher  -  Jay  -  Wynand & Cheree  -  Jo Black  - Crystal     
  Piet Pompies  -  Dirk van der Westhuizen  -  Jan Bloukaas  -  Demi-Lee Moor  -  EON Groep  -  Pieter Mohr    

Ons Fees Storie

'n Mens kan nie anders as om aan musiek en kuier te dink wanneer jy hier op die oewer van die Vaalrivier uitkyk oor die ongelooflike mooi van ons natuur. Jou hart sing!  

Hier by die pragtige venue van Klipspruit River Resort is die Klipspruit Rivier Fees in 2016 gebore.  Ons het 'n paar sangers genooi om te kom optree en in spanning gewag dat 'n paar mense sal opdaag vir ons waagstuk.........en die res is geskiedenis. Duisende mense het opgedaag om te kom kyk, luister, te beleef en saam te kuier! En die tweede jaar....nog meer mense en nog 'n groter fees!

So het ons 3de jaar van feesvier in Afrikaans aangebreek en ons is baie trots daarop. Met musiek op die hoofverhoog deur van die land se bestes, HWA stoei optrede, vermaak en aktiwiteite vir die jongspan, die oord se waterglybane, lekker kos en drinkgoed, koue bier en 'n fantastiese uitsig op die Vaalrivier kan jy dit nie misloop nie!

Alles wat jy van hierdie jaar se fees wil weet is hier op ons blad. Lekker kuier hier!